Monday 12 February 2018

Lekhubu-eiland en Tuli-blok gedurende die reënseisoen

Dit is tans nie min warm in Botswana nie. Lae tot middel 30'C deur die dag. Snags koel dit nie veel af nie: 08:00 die oggend is dit reeds 28 grade celsius. Dit het nog nie te veel gereën nie, so ek was nie te vreeslik opgecharge om dit te "waag" Makgadigadi-panne toe nie. 

Daarna sal ons ook 'n draai deur die Tuli ry om die meeste van ons week se vakansie te maak. 

Ons roete
Twee dae voor ons sou ry het daar wel paar los buie geval, maar die mense van die Gaing-O Gemeenskaptrust in Mmatshumo op wie se grond Kubu-eiland is het laat weet dis reg, ons kan maar kom. 

Dit was so droog oppad, ons het besluit om die winterpad oor die pan te neem. Vanaf die vurk waar die droë en nat seisoen paaie skei is dit so 15 km eiland toe. Oppad was daar  tekens van oppervlakkige modder, maar die pad was duidelik en droog. Na 10 km is die eiland reeds sigbaar en ek het gedink ons kop is deur. Daar is 'n klipperige stukkie voor jy weer op die pan kom vir die laaste stretch. Daar is omtrent geen afsak na die pan nie en ek sien toe die water bietjies te laat op die pan lê. Die omdraaislag was interessant. Iemand met meer moed kon seker daar deur, maar ons het dit nie gewaag nie, want ons is alleen. Dus ry ons terug na die split en vat maar die nat seisoen pad deur die bosse wat geen probleem was nie.

Die eiland was al in sig, maar die water het te veel geblink.
Behalwe vir sekuriteitspersoneel en die een gids was ons stoksielalleen op die eiland. Wel, ons en die donkies en die beeste. 

Hulle het maar bietjie jammer gelyk. 
Maak 'n draffie oor die pan.

Uitsig van die eiland, water lê op die pan links.
Daar is duidelik water op die pan reg rondom. Die gids sê dis van twee dae te vore se reën. Al die spore op die pan van laaste toeriste-seisoen is wel weg en selfs die spoor wat om die eiland loop is grootendeels onsigbaar. 

Dis anders as in die winter: al die bome se blare is groen en die kremetarte lyk heel onbekend. 

Kubu se somerspakkie
Nie dat niks aangaan op die eiland nie: Die trust is besig om 'n nuwe besoekersentrum op te rig. Die gids lig ons in dat al die kampplekke van die eiland af gaan skuif. Dit beteken dat die eiland slegs toegangklik sal wees saam met 'n gids. 

Die huidige gidse se huisvesting met die nuwe besoekersentrum in die agtergrond links.
Die plan is dat alles voltooi sal wees teen Junie 2019, so as iemand  nog op hulle eie wil kampeer op die eiland, moet hulle gou spring.
Nuwe besoekersentrum. Die kampplekke sal agter dit in die bos wees. 
Die ouens wat die parkeerterrein se plaveisel doen, was duidelik min gespin deur die water wat ons laat omdraai het. By gesê, die Cruiser en die sleepwa was gelyk gelaai met plaveistene, so die ekstra gewig het sekerlik gehelp vir traksie. Weet net nie of hulle die modder gou gaan afkry nie.

Ek dink nie die sleepwa se modderskerms werk soos bedoel nie.
Die natterigheid waarvan orals tekens van is het ons laat voel asof ons by die see is.


Dit was grootendeels bewolk, so daar was nie veel sprake van die bekende sonsopkomste en -ondergange nie. Dit het selfs deur die nag  liggies gereën, maar nie eers die grond blywend nat gemaak nie.
Iewers het dit wel gereën
Die wolke het ten minste die temperatuur baie draaglik gehou. As die wind ook nog gewaai het, kon mens dit dalk oorweeg om jou top te gaan soek. Dit is sekerlik nie die norm vir die somer nie, maar dit was eintlik uitstekende weer.


Van Kubu het ons die pan noord na Nata oorgesteek. Sou nie omgee om die pad Gweta toe oor die Ntwetwe pan te gery het nie, maar met een voertuig en die moontlikheid van onlangse reën het ons dit maar veilig gespeel.

Die pad noord was iets besonders. Vir die grootste gedeelte ry ons op 'n hoogte op die rand van die pan in grasveld.  Ek weet nie of die veld onlangs gebrand het nie, maar daar was 'n merkbare te kort aan ander plantegroei behalwe vir die doringbome hier en daar.

Die pad noord van Kubu
Middagete op die hoogte
Goeie tweespoorpad en geen teken van modder of moeilikheid in selfs die hardste donderstorm nie. Oftewel oorwegend geen teken...

Die pad is 'n goeie 70km lank en Tracks4Africa se aanduiding van 2 ure was bietjie vinnig na ons mening. Soos jy die A3 (teerpad) tussen Nata en Maun nader aan die bopunt van die pan, raak die tekens van lewe meer algemeen.
Die prys is blykbaar 50 vir 'n bondel hout. Of dit Pula, Rand of USD is, is blykbaar jou keuse. 
Seker nie 5 km weg van die A3 nie, kom ons in 'n laagte (weg van die pan) waar die water redelik in die pad staan. Gelukkig ry ons al die afgelope paar kilometers op iemand se spoor anders sou ek dalk gewonder het. Ons beur toe maar voort, maar byvoorbaat skakel ek alles aan wat ek het om ons uit die moeilikheid te hou. Die bakkie het nie snorkel op nie en dit was maar nipperig deur die seker 2km lange stuk water wat op plekke die wiele toegemaak het. Darem nooit vas gesit nie, maar dit was oorwegend stil in die kar terwyl ons besig was om te swem.

Die onverwagte stukkie water wat amper te lank vir almal se senuwees aangehou het.
Ons Tracks4Africa kaart gee geen aanduiding dat daar dalk water op die pad kan wees nie, maar in die reënseisoen moet mens sekerlik enige iets verwag. By Nata Lodge waar ons ook een van drie karre was en die enigste een in die kampterrein, verneem ons dit het die afgelope twee dae lekker gereën het. In my ervaring van Botswana raak die grond baie gou versadig en kan water nog vir 'n week na die reën in poele staan, so dit is dan seker glad nie onverwags dat die pad onder water was nie. Dis een van die dinge waarmee ek in die toekoms sal rekening hou, maar gelukkig was die geluk aan ons kant gewees.
Nata Lodge se kampeerterrein
Ons het ook 'n draai gemaak by die Nata Bird Sanctuary. Na die reën was daar ook water op die pad na die bird hide. Ons het daar uitgekom, al was van die poele bietjie diep, veral as jy jou nommerplaat daar moet gaan uithaal.

Flaminke en pelikane

Redelik water op die pan

Na 'n aand by die huis was ons volgende stop die Goo-Moremi gorge in die Tswapong-heuwels. Hier is een van twee broeikolonies van die bedreigde Witrug- en Kransaasvoëls in Botswana. Die ravyn is ook die tuiste van die Bapedi voorvaders, so daar mag nie piekniek gehou word of in die poele geswem word nie. Gelukkig is die gidse baie goed ingelig en maak hulle die uitstappie interessant. Die hoogtepunt is die groot waterval aan die bopunt van die ravyn.

Goo-Moremi Gorge
Indien jy voor 09:00 aanmeld kan die addisionele stuk gestap word tot onder die krans waar die aasvoëls broei.
Aasvoëlneste
Hoeveel aasvoëls? Ek tel 15.
Die roete is klouterig. Die gidse het ons gewaarsku dit neem 5 tot 6 ure, maar ons het dit alles in 3 ure gedoen.

Blykbaar neem die aasvoël getalle jaarliks af agv vergifting en verlies aan habitat.
Die Tuli-blok is so drie ure se ry verder en ons het drie nagte by die Limpopo River Lodge spandeer. Heerlike kampplekke op die oewer van die Limpopo.
Uitsig van die kampplek.
Jy kan op jou eie die hele reservaat vol ry. Ongelukkig net koedoes, rooibokke en zebras gesien. Baie voëls wel en ook baie tekens van olifante orals. Die seekoeie is baie bedrywig snags, maar net gehoor nie gesien nie. 

Elke nou en dan het daar ook 'n "stomp" verby gedryf. 

Sal definitief terug wees: elke kampplek het sy eie badkamer en heerlike koelte bome. Baie skoon en netjies. Braaihout is voorsien, maar drinkwater moet jy self aanry.
Ons kampplek







Monday 18 September 2017

Lekhubu-eiland en Elephant Sands

Small selection from our recent trip. Kubu Island is about five hours' drive from Palapye, so good for a weekend breakaway.  Since it is the dry season it is easily accessible. The island is littered with Boabab and African Star-chestnut trees. The sunrises in particular are pretty awesome.


Onto the pan we go...

Pan flat



Tallest thing on the pan.


Kubu Baobab


Sunset





Campsite@Kubu




Sunrise across the pan




The whole of the island... from one angle.

Ek noem hulle Sandy, Mary, Bellie en Sanettie, nie in enige volgorde nie.




Die reisigers.

After two nights at Kubu, we headed to Elephant Sands, close to Nata, for another two nights.


Sekretarisvoël naby Ntwetwe-pan, oppad Gweta toe.


Ntwetwe pan.

At Elephant Sands we enjoyed a up close and personal elephant experience. The show started at around 15:00 and lasted till the early hours of the morning. The elephants can roam freely and nothing is off limits to them. 


The view of the waterhole from our tent.


View from the bar/swimming pool. Yep, there is no fence and that is our tent on the far left of the picture. 



Elephant Sands... "where elephants rule"



Only single bulls showed up at the (unfenced) main camp waterhole.


Herd with five young elephants at another waterhole on the property. 




Kudu chilling at the side of the road. 


Ellie boots.

On our way home we stopped at the Nata bird sanctuary. There still was a lot of water in the pan. All sort of birds and some depressed wildebeest. 


All in all awesome little breakaway. 

Lekhubu-eiland en Tuli-blok gedurende die reënseisoen

Dit is tans nie min warm in Botswana nie. Lae tot middel 30'C deur die dag. Snags koel dit nie veel af nie: 08:00 die oggend is dit ree...