Sunday 2 July 2017

Cape Pioneer Trek (paar jaar gelede)

Nog ene van die argief... 2010 se Pioneer. Het, soos in 2011, saam met Chris Rohwer gery. Ons was altwee PhD-studente so het tyd gehad vir baiesukkel ry.

 “Wat dink jy van die Pioneer?”
“Hel, dit lyk awesome, maar...”
“Maar wat? Jy klim net op jou baiesukkel en jy ry.”
“...maar wat as ek doodgaan?”
 ‘n Langerige pouse.
“Dan sal ek die stukke mooi merk en vir jou ma in volgorde gee sodat sy jou ten minste eers aanmekaar kan sit voor hulle jou begrawe.”
Nog ‘n pouse.
 “OK, dan doen ons dit...maar jy ry nie vir my flippen weg nie.”

Dis die strekking van die gesprek tussen my en Chris, toe hy besluit het om my partner te wees vir die Pioneer. Soos Turkish in die fliek Snatch sê: “He is my partner. It doesn’t mean we hold hands or take windy walks. It means I keep him out of a much trouble as he tries to inflict on me. ” En dit oor 6 dae en 680km wat nie minder as 13 000m se vertikale styging insluit nie.

Die Pioneer se roete neem jou van die Klein-Karoo na die Tuinroete waar jy ‘n dag spandeer voor ons weer moet terug oor die berg na die Klein-Karoo toe. In die Pioneer is dit blykbaar heel logies dat as jy die vorige dag oor ‘n bergreeks is kan jy seker die volgende dag weer oor ene ry. Dus ry ons die volgende dag Groot-Karoo toe vir een nag, net om weer terug te foeter oor die berg na die kleiner ene van die Karoos toe (op daai stadium is niks meer klein of maklik nie).  Dan moet jy nog een dag ry en nie hoe nie – die tweede langste dag van die hele roete. Dan is jy eers klaar. Letterlik.
“Well done!”
“Yes! I am well done...”


Dag 1
Alles het begin in Oudtshoorn.
“Hoekom is ons naam die Custard Pandas?”
“Ek was een aand baie dronk gewees...”


Die eerste dag volg meestal die roete van die Attakwas MTB resies van Oudtshoorn deur die Attakwaskloof na Mosselbaai. Die Atta staan bekend as die rofste MTB resies in die R van SA. Ek het al baie “extreme” MTB wedrenne gery, maar na ek die Atta gery het stem ek heelhartig saam met dié opinie. Daai ding is taai. Die dag een se ry was ook die langste met die meeste klim van enige dag: 2 820m.

“So hoe doen ons dag 1?”
“Man ons het mos altwee die Attakwas gery, so ons vat dit net kalm: eet baie en suip soos eerstejaars, want dit gaan warm wees. Jy laaik mos die hitte?”
“Ja … ek het die ekstra bottel om my nat te spuit.”
“Cool.  Kom ons probeer ook net die maal dat niemand opgooi nie.”

Alles het goed begin, ons het rustig oor die heuwels gerol en dit was nog koel. Omdat dit ‘n spanresies is, is die ryers nie so erg op hulle eie mission soos gewoonlik nie. Mense gesels so bietjie in die ry en het nog tyd om ook vir die blommetjies te kyk. Daar is in elk geval nog vyf dae om te jaag as jy regtig wil, nie dat jy ooit so daaraan dink nie, maar mens ry liewer so bietjie rustiger as om te jaag.

“What’s up with the panda on your handlebar?” vra Donovan van die Tread-mag span.
“It isn’t a panda, it’s Pyotr. And that one is Alexei.”
“But why?”
“They are tanning.”
“Why do they have Russian names?”
“Becoz zey like zer revo-loo-tshins in Oktaber…”

In die Attakwaskloof word ons beide bietjie deur die son gepiets. Die hitte maak ook dat nie een van ons regtig wil eet nie, maar jy moet want anders gaan jy afchop. Ek het nie genoeg geeët nie en afgechop. Die son het vir Rohwer gekry...en toe begin die wind van vooraf te waai.
“I am finished...” en toe klim hy nie, maar val sommer van sy fiets af.
“Ou, ek weet jy wil nie... ek sal jou fiets vat, moenie worry nie... kan ons net aanhou beweeg? Jy hoef net te stap... asseblief...?”


Ons altwee het deurgedruk. Toe ek die eindstreep sien dog ek alles is verby ons het die dag in een stuk oorleef. Toe ek wel by die pylvak in swaai, raak ons wiele en Rohwer slaan neer op die teer.
Nie goeie dag nie.

Gelukkig kry ons opgeslaande tente en daar is onmiddellik kos beskikbaar. Rohwer eet die ekwivalent van wat ‘n groterige plattelandse familie in ‘n maand sal verorber en begin darem so bietjie beter lyk. Koue stort vir die moeë bene en die afkoel. Dag 2 sou hopelik beter wees.


Dag 2
“Vandag ry jy voor, ek gaan nie pace nie: jy ry net jou spoed. Ek kom net agterna.”

Half agt sleep ons deur Mosselbaai. Die son kom op oor die see, die windjie waai koel en al wat jy hoor is die gesuis van 500 pare bande op die teer.

“Jis my bene vat lank om warm te word. Dis nie cool nie.”
“Wel dis ook nie hot nie...”

Die dag begin dan na die neutrale sone op die teer met drie kilometer op die strand. Ek het werklik daarteen opgesien. ‘n Geoliede ketting en dik sand is nie maatjies nie. Gelukkig was dit laagwater. Na ons eers op die strand was het dit my stoutste verwagtings oortref en ek het die strand na die drie kilometer verlaat ‘n nuwe ervaring op die fiets ryker.

Ons was oppad George toe. Nie met die teerpad nie. Nie met die kortste pad nie. Iets in die lyn van “moenie by begin verby gaan nie en moenie R200 insamel nie...’’ was die ingesteldheid van oom Katot Meyer toe hy die roete uitgelê het. Die mense vloek en skel...al wat hy sê is: “ek ken nie daai woorde nie – dit staan nie in die Nuwe Testament nie.”
Ek dink wel hy laaik dit kwaai as mense hom hap.


Vanaf Hartenbos klim ons na die Jonkersbergbosboustasie, bo in die Outeniquaberge. Met die op is daar darem ook ‘n af. Net om weer op te gaan en via Witfontein (en om die Tuinroetedam) George in te suiker.

“OK, daai was beter. Maar jy moenie weer teen die einde begin jaag nie.”
“Huh?!? Is jy dood?”
“Nee...”
“Kan jy nog ry?”
“Ja...”
“So wat is jou probleem? Dit was perfek gepace, so hou net op moan.”
Die potensiaal vir krapperig raak is baie goed op sulke meerdaagse avontuurtjies en daar was daai aand bietjie onenigheid in Pandaland.  As mens moeg raak dan rafel alles mos bietjie uit.


Dag 3
“Die Voortrekkers moes flippen baie dagga gerook het... ”

Die derde dag het in beter gees begin as wat tweede ene geëindig het.

“As ons vandag maak dan is ons kop deur.”

As jy om jou rondkyk is daar altyd mense wat swaarder as jy kry en/of groter meganisiese probleme het. Een van ons bure se voorste skokbreker het die vorige dag opgepak en ry dus nou ‘n rigid bike. Dis die ekwivalent van om met jou Sub B BMX by trappe af te jaag. Die hele dag lank. Hy gaan baie skud en heel moontlik ook sy gat af val.

Die roete vat ons verby Saasveld en oor die Outeniquaberge met die Duiwelskoppas, ‘n ou voortrekkerpas. Daarna deur die Kammanasierivier na De Rust. In die kamp word daar gefluister oor die Kammanasie. As jy daarna vra, dan kry die veterane van laasjaar so verafkyk in hulle oë en praat sag en afgemete oor daai dag. Iets van ‘n 18km-lange bult wat jy heelpad moes uitstoot in die erge hitte.
Maar oom Katot belowe ons dat ons vanjaar net oor die Kammanasie se “groottoon” gaan ry.

“Moenie worry nie, my Land Rover loop maklik daaroor.”

Die afdraand aan die agterkant van Duiwelskop was iets om te beleef. Lekker om die wind in jou hare te voel na die stoot/dra teen die pas uit. Die Kammanasiebult was ook ‘n lang stoot.  Rohwer het wel ‘n goeie stuk daarvan uitgetrap.  “Athlete!” sê een van die “I kill you”-spanlede vir hom toe Rohwer by hom verby trap terwyl hy sy fiets stoot. Rohwer kyk hom so en sê: “Beer drinker!”


Na ‘n wilde stuk afdraand sleep ons by waterpunt 3 in (elke dag het drie waterpunte). Die windjie het intussen lekker begin waai.
“Luister ons moet nou baie lekker wees. Gryp wat jy nodig het en ons moet reg wees om te trek as die ander spanne ry.  Dié wind gaan tien teen een reg van voor wees. En ek wil nottawiel alleen teen die wind ry nie.”

Dankie Henry, Alewyn, Nix en Tony vir die geselskap huistoe, anders sou ons afgechop het.  Met die kêrels (en dame) se hulp kon ons sterker eindig as die vorige dae en dit het ons bietjie selfvertroue gegee. As dag 4 sonder probleme kan afloop dan is ons kop werklik deur.
  
Dag 4
“Sias! Sê vir Elmarie sy moet vir my ‘n ander broek bring, ek het in myne gek@k.”

Iets in een van dag 3 se etes was nie kosher nie. Dinge het geloop en Immodiums was ‘n skaars kommoditeit. Daar is twee groot probleme met hierdie situasie. Die eerste is dat dit jou dehidreer. Maar die meer drukkende probleem is dat ‘n fietsrybroek (spesifiek bib shorts tipe waarmee meeste mense ry – die broek lyk soos stoeipak: hang van jou skouers ipv om die heupe vas) is nie die maklikste ding in die wêreld is om uit te kom nie. Veral as jy dit vinnig moet doen.
Elke nou en dan lê daar net ‘n fiets in die middel van die pad: die ryer skoonveld (om te vuil veld?). Gelukkig het die spoedpens ons nie so hard geslaan nie...maar as dit jou beurt is dan is dit jou beurt.

Van De Rust ry ons deur Meiringspoort, dan oor ‘n berg. Natuurlik, hoe anders? En natuurlik is dit steil. Dan 60km plat pad Prins Albert toe. Een van die makliker, indien nie die maklikste, dag nie. Maar soos die geluk wou hê, kry ons teëspoed net soos ons die poort verlaat: Rohwer se derailleur word afgeruk. Dit beteken, in goeie Afrikaans, dat sy clutch in sy maai is. Dit kon ons gelukkig regmaak, maar dit vat ‘n tydjie.

“Luister dude screw it, ons gaan nou net rustig ry, ons is in elk geval heel agter. Dit is in elk geval plat pad tot ons daai etter met die 400m styging moet klim.”

“Klippies. Sonder die Cola.”

Oom Katot laat ons in ‘n droë rivierloop op ry, dit as die aanloop na die klim. Sagte sand en groot ronde klippe: goed om jou op disnis te val, nie goed om oor te ry/probeer ry nie.


“Oooo, shit ... jy moet dit maar kalm vat, jou partner het nou net geval.”

“Hey, mens ry ‘n fiets, jy val hom nie.”
“Voertsek man, jy het my nie eers sien val nie: dit was awesome.”

Bo-op die berg lê die Karoo voor ons oop.
“Sien jy daai dak blink in die verte? Dis die waterpunt.”
“Dit lyk ver.”
“Ja, maar die ou by waterpunt sê dis net vyftien minute soontoe: ons val blykbaar nou hier af soos klippe in ‘n mynskag.”
En ons het.

Soos ek gesê het was dag 4 veronderstel om maklik te wees, want die laaste 60km is plat pad huistoe. Maar niemand het gesê die pad is vol sand en los klippe nie. En dat die wind gaan waai nie. En smaak my die wind in die Karoo waai net in een rigting: van voor af.

“Die enigste goeie wind op ‘n fiets is geen wind.”

“Hey guys who wants to work together? This wind is going to suck.”

So ontmoet ons vir Anthonie by die waterpunt. Hy is lekker sterk en praat baie: die ideale ou om mee voor te werk terwyl ons 25 mense huistoe sleep deur vir hulle die wind te breek. Die sand het dinge moeilik gemaak, want daar was plek-plek sulke dik kolle. En as jy bunch ry kan jy nie regtig sien wat voor jou is nie: jy kan maar net hoop die ou voor jou waarsku jou.  As hy jou wel nie waarsku nie en skielik stop dan moet jy maar ook stop … of saam crash as jy regtig gelukkig is. So dit was grotendeels stop-stop-ry-stop gewees tot in Prins Albert. Gelukkig was die gees in die bunch van so aard dat die voorste ouens bereid was om te wag vir die wat vasgeval het.



“No man is an island.”

“Dankie pandas, julle was awesome.”


Dag 5
“Wat van ons gaan staan vandag voor in ons groep?”
“Ja, kom ons kyk wat kan ons maak teen die pas, dan hak ons iemand en kyk hoe lank kan ons hou.”

Ons het gehak en gehou en die revs het hoog gehardloop...

“Hey! Ek gaan ‘n EFFEN gasket blaas as ons so aanhou ry.”
“Jy is OK, byt net vas.”

Prins Albert na Calitzdorp. Oor die Swartbergpas dan ‘n paar bultjies gevolg deur ‘n onlangs weer oopgekapte ou wa-pad. Die vorige dag se ry het ons nog selfvertroue gegee en ons het goed gevoel. Die weer was ook gunstig: dit het gelyk na reën, baie beter as die hitte van die laaste vier dae. Rohwer was net nog meer rowwer in die koelte en ons kon beide heel oordentelik klim op die dag.

“Jy dink jy is rowwer as ekke...”

Van Prins Albert se kant af is die Swartbergpas ‘n long and winding road. Met die klim op vang ons weer die Tread-mag span en ons ry toe saam met hulle. Donovan en Nolene van Jozi, lekker mense. Die res van dag het min of meer soos volg verloop: Donovan wat omkyk of Nolene nog gehak is en dan laag op laag die rubber op die grondpad neerlê. En hy ry net sterker soos die dag aangaan.

Na Swartbergpas het ons stuk teerpad afgeblits. Op die wa-pad het ons goed gevoel en kon saam met die vinnigstes in die bunch klim. Die descend die anderkant af was lekker rof en Rohwer het homself gate uitgeniet. Daarna was dit redelik grondpad huistoe en die wind het ons nie ernstig gepla nie. Met 40km to go skuif Donovan vorentoe en toe moet ons klou om by die bondel te hou.  Ons is oor ‘n hele aantal rivierlope en dit was meestal redelik steil af na en weer steil op uit die lope uit. Die meeste lope het ‘n klein betonbruggie in. Soos die pad weer uit die rivierloop begin klim is daar dan ‘n stukkie wat gebeton is en dus so effense “ramp” vorm. Gewoonlik is jou spoed heeltemal te min om hoegenaamd die ramp-eienskap daarvan te gebruik. Maar elke maal ons het daaroor gevlieg.

“Dude dit was insane! Ek was meestal in die rooi, maar kon hou. Dit was awesome om so te ry.”
“Verseker! Jy weet ons het omtrent twintig plekke beter vandag klaar gemaak as ons GC (general classification) posisie!”


Dag 6
“I feel the need...the need for speed!”

“Hoe voel jy?”
“Verbasend OK.”
“Ons sal net onsself moet watch teen die Rooibergpas uit, die ding is blykbaar lank.”

Die laaste dag. Nog meer selfvertroue na die vorige dag. Die bunch het verbasend rustig uit Calitzdorp gerol vir die tweede langste dag van die race. Na die Rooibergpas, eerste van drie lelike bulte vir die dag. Ons sou later ook die Gouritsriver twee keer kruis, so dit was ‘n interessante dag.

“Hou vas, ek gaan jou gou sleep, dan vang ons daai bunch.”
“Waar de hel kry jy die krag vandaan?”

Teen Rooibergpas skuif ons in ons nou bekende posisie saam met Tread-mag in. Die reën is dreigend, maar dit het eers gelukkig teen die einde van die dag begin val.  Na die pas was dit twee-spoor paadjies deur ‘n natuurreservaat wat nogals mooi was. 



“As ons so ry, dan sien ek niks van die omgewing nie, ek moet net fokus. ”
“Ja...”
“Ek kla nie, ek probeer net sê  dat ek nie normaalweg so sal ry nie.”

Na die pret in die reservaat, was dit een rollende heuwel na die ander. Ons het lekker gery en heel wat mense ingery. Teen die einde het Donovan weer begin gas gee.

“We want to be back in Jo’burg by this evening, so there is no use phaffing about.”

Die maal ek het darem bene oorgehad en ons kon om die beurt gas gee aan die voorkant. Ons het behoorlik geskuif.

“Ek sweer daai nappy rash salf wat ek gebruik het het steroids in...ek voel soos ‘n animal.”
“Jy het nie dalk daai salf naby nie...”
“Nee sorry, maar het ek dit gehad sou ek sommer die buisie opgeët het.”
“I would have beaten you to it.”

“What are you guys chasing?”
“Nothing, I just want to go and take a dump in something other than a PolyJohn.”

Ek en Rohwer maak die dag klaar as die 32ste span op die dag klaar en die 48ste plek algeheel vir die hele resies.


Rohwer, dit was awesome om saam met jou te ry. Ek is baie beïndruk met hoeveel jy so vinnig geleer het en hoe jy elke dag beter geraak het.

Mason, dankie vir die hemde.

Lekhubu-eiland en Tuli-blok gedurende die reënseisoen

Dit is tans nie min warm in Botswana nie. Lae tot middel 30'C deur die dag. Snags koel dit nie veel af nie: 08:00 die oggend is dit ree...